
=====================================================================
1 1 - Afvalbestuur
=====================================================================


1 1

AFVALBESTUUR*

Die huidige situasie

Suid-Afrika produseer baie afval. Ons het baie myne wat afval produseer. Ons laat ook nywerhede toe om baie natuurlikke bronne te gebruik en baie afval te produseer. Die wette en stelsels wat besoedeling moet stop, is baie swak.


Onlangs het mense bekommerd begin raak oor die afvalprobleme. Die Thor Chemicals-geval het bygedra om by mense kommer te wek oor die probleem. Thor Chemicals het giftige afval ingevoer vanaf ander lande. Die afval het werkers se gesondheid, en die omgewing, beskadig.


Die moderne samelewing produseer baie verskillende soorte afval. Party van dit word deur die lug absorbeer. Party beland in die water. En sommige word in die grond geberg. Sommige afval word verkoop aan, of aangekoop van, ander lande. Lug- en waterbesoedeling kan oor grense tussen lande beweeg.


Nywerhede produseer baie afval. Afval kan in die vorm van gas, vloeistof of vaste stof voorkom. Sommige afval hou 'n groter gevaar vir die gesondheid in as ander. Waar daar baie nywerhede naby mekaar is, kan die hoeveelheid afval wat geproduseer word, baie gevaarlik wees indien dit nie behoorlik hanteer word nie.

Motors, vragmotors en busse veroorsaak lugbesoedeling. Plase gebruik baie chemikalie (kompos en plaagdoders, ens). Dit kan riviere, damme en ondergrondse water besoedel. Daar is baie afval van huishoudings afkomstig. Dit sluit riool, en vaste afvalstowwe wat wissel van groenteskille tot plastiek sakke, in. Die verbranding van steenkool en hout om kos te kook, en wonings te verhit, veroorsaak ook besoedeling binne en buite die huis.


In 1991 en 1992 het die Wetenskaps- en Nywerheid-Navorsingsraad (WNNR) twee verslae gepubliseer. Die eerste verslag het gehandel oor afvalbestuur en besoedelingsbeheer in die algemeen. Die tweede een het gehandel oor toksiese afval.*


Hierdie verslae noem dat Suid-Afrika jaarliks tussen 340 en 480 ton soliede afval produseer. Ons produseer elke jaar 1,9 miljoen ton toksiese afval. Giftige afval moet baie versigtig hanteer word, omdat dit gevaarlik is. Daar is spesiale wette wat bepaal hoe dit hanteer moet word.

FIGUUR ll:
Vaste afvalbronne en hoeveelhede
Bron 	Hoeveelheid (in miljoene ton elke jaar)

Afval van myne	240-380
Steenkoolas van kragsentrales 	20
Chemiese, metaal,vervaardigende

nywerhede
20
Stedelike (munisipale) Afval 	15
Ander	45

TOTAAL 	340-480

Ongeveer 147 miljoen ton afval word elke jaar as gas of rook in die lug vrygestel. Ongeveer 1,2 miljoen ton vloeibare afval beland jaarliks in riviere en die see.


Daar is baie myne en kragsentrales in die Oos-Transvaal. Hulle veroorsaak groot hoeveelhede lugbesoedeling. Op ander plekke soos by Merebank, in Natal, is daar ook baie nywerhede naby mekaar. Dit is gewoonlik die armer mense wat naby vuil fabrieke woon. Omdat hulle naby die fabrieke woon, ly hul gesondheid daaronder. Sedert 1965 is sommige dele in stede tot "rookvrye gebiede" verklaar. Dit het die lugbesoedeling in die dele laat afneem. Maar hierdie "rookvrye gebiede" is slegs in "wit" gebiede.


Swart woongebiede het gewoonlik baie lugbesoedeling. Vullisverwyderingsdienste funksioneer nie behoorlik nie. Dit kom voor asof baie mense in swart woongebiede nie daarin belang stel om hulle gebiede skoon te maak nie. Dit blyk dat hulle nie verstaan watter problems ontstaan wanneer rommel op straat gelos word nie.


Dit is veral die geval in plattelandse gebied en dorpe. Baie mense in swart woongebiede en plattelandse gebiede gebruik steenkool en hout om kos te kook e hulle huise te verhit. Dikwels het hulle huise nie behoorlike skoorstene nie. Die rook van die hout en steenkool veroorsaak besoedeling binne en buite die huis.


Wit Suid-Afrikaners is geneig om baie artikels te koop. Dit is veral die geval met ryker mense. Hierdie goed word dikwels in plastiek toegedraai of in kartondose verpak. Die omhulsels word weggegooi. In ander lande probeer nywerhede om minder papier en plastiek te gebruik, om hul ware in toe draai. Maar dit gebeur nog nie in Suid-Afrika nie. In ander lande probeer nywerhede ook om hulle materiale baie meer te hergebruik as wat ons hier doen. Ons moet ook poog om artikels te maak wat hou en wat herstel kan word. Dit is beter om goed te vervaardig wat ons kan weggooi wanneer dit breek. Ons kan baie doen om die afval wat ons produseer, te verminder.

Wette en regeringsdepartmente

Daar is verskillende wette wat afval reguleer. Verskillende departemente is verantwoordelik vir verskillende soorte besoedeling. (Sien Figuur 11.2).

FIGUUR 11.2:
Watter regeringsdepartemente is vir die beheer van afval verantwoordelik?
Tipe afval of besoedeling	 Regeringsdepartement

1. Lugbesoedeling	Omgewingsake en Toerisme
2. Huishoudelike en nie-gevaarlike nywerheidsafval 	Plaaslike regering
3. Gevaarlike afvalhope	Waterwese en Bosbou
4. Vervoer van gevaarlike	Nasionale Gesondheid en Bevolkingsontwikkeling
stowwe
5. Grondkwaliteit (insluitend gebruik van plaagdoders) 	Landbou
6. Besoedeling van die see	Omgewingsake (opruiming van besoedeling); Vervoer (voorkoming van besoedeling en om mense voor die hof te daag).
7. Radio-aktiewe brandstof-siklus	Raad op Atoomveiligheid
8. Ander radio-aktiewe materiaal	Nasionale Gesondheid en Bevolkingsontwikkeling
9. Waterbesoedeling	Waterwese en Bosbou Nasionale Gesondheid en Bevolkingsontwikkeling
10. Mynafval	 Mineraal- en Energie-Sake
11. Geraasbesoedeling	Plaaslike regering
12. Beroepsgesondheid en veiligheid in die werksplek 	Arbeid
13. Afval op paaie	Provinsiale Administrasies

Dit is ondoeltreffend om afvalbestuur tussen so baie departemente op te deel. Een fabriek moet baie verskillende wette nakom en aan verskillende departemente verslag doen. Dit bemoeilik die situasie vir hulle en vir die regering. Elke departement het inspekteurs wat slegs na een spesifieke aspek omsien. Soos lugbesoedeling, of geraas, of beroepsgesondheid. Niemand hanteer die probleme gesamentlik nie. Dit sal beter wees om saam na al die probleme om te sien.


Daar is geen duidelike standaarde vasgestel om besoedeling te bekamp nie. Daar nie genoeg beheer oor sekere afvalbestuur nie. Daar is byvoorbeeld bykans 200 afvalhope in die land waar soliede en vloeibare afval gestort word. Net 'n paar van hulle is gelisensieer. Baie van hulle word swak bestuur. Sommige veroorsaak waterbesoedeling. Oor bykans die helfte van hulle se gesondheids-, veiligheids-, en omgewingsrekord is daar baie min inligting beskikbaar.


Die probleem word vererger omdat ons nie genoeg inspekteurs het nie. Daar is byvoorbeeld net 'n paar nasionale lugbesoedelingsinspekteurs. Ons moet meer inspekteurs oplei. Die regering moet meer geld beskikbaar stel om hierdie inspekteurs op te lei en te betaal.

Thor Chemicals is 'n goeie voorbeeld van hierdie probleme (Sien Figuur 9). Thor Chemicals het met giftige chemikalie gewerk. Hulle moes met baie verskillende regeringsdepartemente handel. Die probleme by Thor Chemicals was almal te wyte aan dieselfde proses. Maar verskillende departemente het verskillende besluite geneem. Die Departement van Bevolkingsontwikkeling en Nasionale Gesondheid het permitte aan Thor Chemicals uitgereik sodat hulle die giftige afval die land kon inbring. Die Departement van Waterwese en Bosbou het 'n permit aan hulle toegestaan om die afval te berg. En die Departement van Mannekrag (nou Arbeid) het die uitwerking op die werkers se gesondheid gekontroleer. Maar hierdie departemente kon nie die ernstige skade die omgewing, of die gesondheid van die werkers, voorkom nie.

FIGUUR 9:

Thor Chemicals: Stuur terug na afsender

Thor Chemicals in Natal het drie pakhuise vol dromme toksiese afval, wat kwik bevat. Kwik is uiters giftig. Die afval kom hoofsaaklik van VSA. Van die kwik is van Brittanje, Singapoer en Indonesi afkomstig. Sommige van die dromme is geroes en lek. Hulle word al vir tien jaar daar geberg. Buite die pakhuise is daar 'n dam met 2500 ton slyk. Die slyk is giftige afval wat kwik bevat. Thor Chemicals het met oorsese maatskappye ooreengekom om kwik afval te koop. Hulle het te kenne gegee dat hulle die kwik afval sal herproseseer. In die VSA word mens nie toegelaat om kwik op afvalhope te stort nie. Dit is baie duur om daarvan ontstlae te raak.

Die Nasionale Departement van Gesondheid moet `n permit aan die fabriek uitreik. Hulle het nie aan Thor `n permit toegestaan nie, maar Thor het nieteenstaande die herverwerkingsproses begin. Hulle het `n verbrandingsoond in werking gestel.

Studies in VSA het getoon dat dit baie moeilik is om te verhoed dat kwik deur die skoorsteen van 'n verbrandingsoond ontsnap. Die giftige gas bly in die lug vir `n baie lang tyd, totdat dit ren en in die grond inspoel. Die as wat deur die giftige afval se verbrandingsproses agtergelaat word, is ook gevaarlik. Dit behoort op `n toksiese afvalterrein geberg te word. Maar dit wil voorkom asof iemand aan Thor ges het dat hulle die afval in die fabriek kan berg.

Mense is bekommerd dat die grond en water in die gebied besoedel is. Hulle is ook nou bekommerd dat plante en diere met kwik vergiftig is. Om dit te probeer verhoed bet Thor Chemicals die water blokkeer wat van hulle perseel na die Mgcweni-rivier toe vloei. Besoedelde water word terug gepomp na die perseel en deur die grond geabsorbeer.

Die Prokureur-Generaal van Natal het verdere ondersoeke na Thor Chemicals se bedrywighed gelas. Die maatskappy se drie top senior bestuurders is aangekla van strafbare manslag, bedrog en 42 ander oortredings.

Wat is die beste oplossing? Thor Chemicals wil al die afvalprodukte by die aanleg verbrand. Hulle s dat hulle nie nog afval van buite die landsgrense sal invoer nie. Nog 'n moontlikheid is dat al die dromme en afval in 'n toksiese stortingsterrein geberg word. 'n Derde moontlikheid is dat die afval teruggestuur word na die lande van oorsprong. Dit sou Thor Chemicals geld kos en onderhandelings deur die regering vereis. Maar daar is ander gevalle waar dit al gedoen is. Byvoorbeeld, openbare druk in Duitsland het daardie regering genoop om te betaal sodat afvalstowwe, afkomstig van insekdoders, na Oos-Europa teruggestuur kon word.

In Februarie 1994 is nog toksiese afval van Verenigde State van die Durbanse hawe af weggekeer.

Die regering behoort 'n onafhanklike ondersoek te gelas het na die omgewingsprobleme by Thor en die gesondheidsprobleme van sy werknemers.

Daar is wette wat die storting van afvalprodukte reguleer. Maar dit is onduidelik hoeveel afval op 'n gegewe manier gestort kan word. Daar is besonder min kontrole oor die storting van gevaarlike afval.


Dit blyk ook dat strawwe vir diegene wat die wet oortree, te lig is. Dit is vir maatskappye goedkoper om boetes te betaal vir besoedeling wat hulle veroorsaak het as om hul fabrieke skoon te maak.


Die Departement van Handel en Nywerheid is blykbaar nie bekommerd oor die invloed wat nywerhede op die omgewing het nie. Nyweraars behoort 'n meer holistiese siening te h. Hulle behoort ook omgewingsprobleme vanuit die bedryf se oogpunt uit te beskou.

Beleidsake vir die regering


1. Die belangrikste is hoe om omgewingsake op nywerheidsgebied in te sluit. Nywerhede was nie in die verlede bekommerd oor die omgewing of die gevare wat besoedeling inhou nie. Die omgewing was dikwels beskadig. Die "voorkomende beginsel"  kan nywerhede oorreed om beter na die omgewing om te sien. Nywerhede in ander lande het geld gespaar deur die hoeveelheid afval wat hulle produseer, te verminder. Nywerhede kan ook geld bespaar deur afval-produkte hersirkuleer of weer te gebruik.


2. In Suid Afrika het ons probeer om afval en besoedeling te kontroleer deur voor te hou dat die lug 'n sekere hoeveelheid chemikalie kan absorbeer. Dieselfde geld ten opsigte van water. Ons s dat die land 'n sekere hoeveelheid afval kan absorbeer. Maar dit is moeilik om te s hoeveel afval die lug, water en land kan absorbeer son dat daar skade aangerig word.


3. Ons het aparte wette met betrekking tot die besoedeling van lug, water en die grond. Verskillende regeringsdepartemente is verantwoordelik vir hierdie wette. Maar dit is beter om na alle vorme van besoedeling wat van 'n enkele fabriek afkomstig is, in geheel te beskou. Om dit moontlik te maak, behoort die regering al die wette en inspekteurs wat besoedeling moet beheer in een departement saam te voeg. Anders moet die regering verseker dat die verskillende departemente beter saamwerk.


4. Die boetes vir besoedeling is te laag. Maatskappye hoef baie keer nie te betaal om hulle besoedeling op te ruim nie. Die "besoedelaar moet betaal" beginsel behoort ingestel te word. Dit sou beteken dat nywerhede baie moet betaal vir permitte om van afval ontslae te raak (in die lug, water of grond). Hulle sou groot boetes moes betaal as hulle die wet sou oortree. Hulle sou ook moes betaal vir die skade wat hul besoedeling aan die omgewing aanrig.


5. Regeringsdepartemente gebruik gewoonlik die 'Beste Praktiese Metode' (BPM) ('Best Practical Means") wanneer hulle besluit of hulle aan 'n nywerheid 'n permit moet toestaan. Hulle gebruik die maatrel om te besluit hoeveel afval 'n nywerheid mag produseer. Maar die BPM neem nie omgewingsfaktore in ag nie. Dit behoort vervang te word met die "Beste Praktiese Omgewings-Opsie" (BPOO), ('Best Practical Environmental Option') stelsel. Dit stel die regering in staat om ook omgewingsfaktore in ag te neem wanneer permitte uitgereik word.


6. Die regering behoort metodes te vind om nywerhede aan te moedig om skoner produksie-prosesse te vind om hul produkte te vervaardig. Dit sal ons ook help om ons produkte aan ander lande te verkoop. Baie ander lande is besorgd oor die omgewing. Hulle wil nie produkte koop wat deur vuil fabrieke vervaardig is nie.


7. Suid-Afrika het nie 'n goeie stelsel om gevaarlike afvalprodukte te beheer nie. Die regering behoort dit as 'n saak van dringendheid te beskou.


8. Die regering moet besluit of Suid-Afrikaanse nywerhede toegelaat behoort te word om gevaarlike afvalprodukte van ander lande aan te koop.


9. Die regering behoort die probleem van kernafval te ondersoek. Kernafval is afkomstig van die Koeberg kernkragstasie. Die meeste afval word by Vaalputs in the Noord-Kaap geberg. Sommige afval word steeds by Koeberg geberg.


Die regering behoort wetgewing ten opsigte van kernafval, te ondersoek. Kernafval moet vir 'n baie lang tydperk opgepas word. Dit bly gevaarlik vir duisende jare. Die regering sal moet besluit wat hom te doen staan oor die kernafval by Vaalputs en by Koeberg.

10. Die regering moet 'n beleid met betrekking tot huishoudelike afval bedink. Huishoudings produseer hout- en steenkoolrook, riool en gewone afval. Lugbesoedeling binne huise kom hoofsaaklik in arm gebiede voor. Rommel van huishoudings beland op stortingsterreine wat baie grond in beslag neem. Die regering behoort mense aan te moedig om "afval-produkte" te hersirkuleer en weer te gebruik.


11. Die regering moet metodes vind om nywerhede aan te moedig om op te hou om produkte te vervaardig, wat een of twee keer gebruik en dan weggegooi word. Hulle moet aangemoedig word om produkte te vervaardig wat 'n lang tyd hou. Verbruikers moet opgelei word sodat hulle omgewingsvriendelike produkte koop en weier om produkte te koop wat 'n nadelige invloed op die omgewing het.

Aanbevelings


1 . Al die wette wat op afval en besoedeling betrekking het moet in een wet vervat word. Een departement moet verantwoordelik wees vir afvalbestuur en besoedelingsbeheer. Nywerhede moet oor alle afval wat hulle produseer verslag doen. Dit sou help om onwettige storting te kontroleer.


2. Die "voorkomende beginsel" moet in alle besluite wat 'n invloed op die omgewing mag uitoefen, aangewend word.


3. Die "besoedelaar moet betaal" beginsel behoort toegepas te word om nywerhede te oorreed om minder skade aan die omgewing te berokken.


4. Die regering moet vinnig optree ten opsigte van gevaarlike afval. 'n Nuwe stelsel behoort in werking gestel te word om gevaarlike afval te beheer van die 'wieg-tot-die-graf-tot-die-wieg" . Hierdie stelsel moet deel vorm van 'n hele stelsel van afvalbestuur en besoedelingsbeheer. Werkers wat gevaarlike afval hanteer, het beter beskerming nodig.


5. Die regering behoort ondersoek in te stel na die wette en standaarde wat op die beheer van kernafval betrekking het.


6. Geen toksiese afval van ander lande behoort die land binne te kom nie. Die regering moet 'n lys hou van alle gevaarlike stowwe wat die land binnekom of verlaat.


7. Suid-Afrika behoort die Bamako-Verdrag te onderteken. Dit is 'n verdrag om te voorkom dat ander lande se gevaarlike afval Afrika binnekom.


8. Die regering behoort die Beste Praktiese Omgewings-Opsie ("Best Practical Environmental Option") te gebruik wanneer permitte, wat nywerhede toelaat om die omgewing te besoedel, toegestaan word.


9. Die regering moet nywerhede help om te beweeg na omgewings-vriendelike metodes om hul produkte te vervaardig. Die regering moet ook nywerhede help om meer werksgeleenthede te skep.


10. Die regering moet nuwe wette instel met betrekking tot etikette vir produkte. Die etikette moet inligting verskaf oor die invloed wat die vervaardiging en verbruik van die produk op die omgewing het. 'n Suid-Afrikaanse "Eko-etiket" stelsel kan van stapel gestuur word.


11. Die regering moet metodes vind om mense aan te moedig om minder afval te produseer. Hulle moet mense aanmoedig om hul afval te hersirkuleer.


12. Die regering het meer personeel nodig om afvalbestuur en besoedeling te kontroleer. Hierdie personeel moet opgelei wees.


13. Die publiek moet toegelaat word inligting oor afval en besoedeling te bekom.


14. Die regering moet aandag skenk aan probleem van mense wat na stortingsterreine gaan om na kos, klere en ander goed te soek. Hierdie mense kan siektes opdoen. Bestuurders van stortingsterreine moet rekord hou van wat op die terrein gestort word.


15. Provinsiale afvalbestuurdepartemente moet opgerig word. Hulle behoort met nywerhede en plaaslike gemeenskappe saam te werk om afvalbestuur te kontroleer.


---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


